UD Express (Uitenhage)

Bergsig se JD word SA afrigter

,

‘n Groot eer het die Bergsig Skool in Kariega (voorheen Uitenhage) te beurt geval toe JD Esterhuizen, die skool se eerstespan-rugbyafrigter, as nasionale afrigter van LSEN-skole aangewys is. Esterhuizen word […]

JD Esterhuizen (links) en Leon Welgemoed saam met die OP se SA Beker-afrigter, Allister Coetzee. FOTO: VERSKAF
JD Esterhuizen (links) en Leon Welgemoed saam met die OP se SA Beker-afrigter, Allister Coetzee. Credit: Verskaf

‘n Groot eer het die Bergsig Skool in Kariega (voorheen Uitenhage) te beurt geval toe JD Esterhuizen, die skool se eerstespan-rugbyafrigter, as nasionale afrigter van LSEN-skole aangewys is.

Esterhuizen word hiermee die tweede personeellid wat die nasionale span brei nadat Leon Welgemoed ook voorheen dié eer gehad het.

JD Esterhuizen (links) en Leon Welgemoed saam met die OP se SA Beker-afrigter, Allister Coetzee. FOTO: VERSKAF
JD Esterhuizen (links) en Leon Welgemoed saam met die OP se SA Beker-afrigter, Allister Coetzee. Credit: Verskaf

Oor sy aanstelling is Esterhuizen baie beskeie. Hy sê hy was redelik verras oor sy aanstelling.

“‘n Mens se kanse is gewoonlik skraal om verkies te word uit baie aansoeke van regoor die land, omdat daar so baie goeie afrigters in ons land is,” sê hy.

Hy is uiteraard baie dankbaar vir die geleentheid.

Esterhuizen sê hy wil seker maak dat al die unies se afrigtingskorps sy plan vir die akademieweek, waar die SA LSEN-span gaan meeding om op die hoogste vlak deel te neem, sal ondersteun.

“Ons speel in die LSEN Cravenweek gedurende die toernooi . Daarna word die SA span gekies om by akademieweek deel te neem. Dis opwindende tye wat voorlê,” sê hy.

Welgemoed gaan Esterhuizen vergesel as tegniese adviseur, terwyl hy ook een van die hoofkeurders by die week sal wees.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.