Rugbyliefhebbers van regoor die land het Donderdagoggend (15 Mei) wakker geword met die hartseer nuus dat die oud-Springbok-vleuel, Cornal Hendricks, Woensdagaand vermoedelik weens ‘n hartaanval op 37-jarige-ouderdom afgesterf het.

Hendricks, ‘n boorling van die Paarl wie sy hoรซrskool loopbaan by die Bergrivier Sekondรชre Skool in Wellington voltooi het, het in 2008 sy buiging tot professionele rugby gemaak toe hy ‘n kontrak met die Boland Kavaliers geteken het.
In 2012 sluit hy aan by die Vrystaatse Cheetahs en dis juis hier waar sy talent raakgesien en hy in 2014 in die Springbok-span opgeneem is.
Hy het die Springbokke in 2014 en 2015 in altesaam 12 toetse as vleuel verteenwoordig.
Hendricks het ook vir die Blitzbokke, die Suid-Afrikaanse sewespan, asook vanaf 2019 tot onlangs vir die Bulle, uitgedraf.
Paarl Post het voorheen berig dat Hendricks in 2015 met ‘n harttoestand gediagnoseer is.
Hy in 2019 na die rugbyveld teruggekeer na drie jaar van rehabilitasie en mediese konsultasies.
Benewens sy professionele loopbaan het hy ook graag teruggeploeg in sy gemeenskap deur inisiatiewe soos die Cornal Hendricks-stigting. Die stigting sou dikwels rugbyklinieke by veral landelike skole aanbied.
โEk onthou nog my skoolrugbydae soos gister. Ek het baie pret gehad, maar ek het groot gedroom.
“Julle is die rolmodelle en leiers van die toekoms. Gebruik julle kanse in die lewe en julle sal suksesvol wees,” het Hendricks aan leerlinge tydens ‘n rugbykliniek by die Newton Primรชre Skool in Wellington in Mei 2018 gesรช.
In Oktober verlede jaar het Hendricks sy kontrak met die Bulle beรซindig om terug te keer na die Boland Kavaliers.
Die idee was dat hy sy rugbyloopbaan daar sou afsluit.

Mark Alexander, president van SA-rugby, het Hendricks beskryf as ‘n merkwaardige atleet wat sy land met onderskeiding verteenwoordig het.
โCornal was een van daardie spelers wat lief was vir die spel en ongelooflik hard gewerk het.
“Hy het dit altyd met โn glimlag op sy gesig gedoen en ander mense met respek behandel.
“Sy energie en liefde vir die lewe โ op en van die veld โ het sy spanmaats en almal rondom hom opgebou.
โSy bydraes tot die sport en sy onwrikbare toewyding sal altyd onthou word.”
Hou Paarl Post dop vir meer.
You must be logged in to post a comment.