Daar sal geen liefde verlore wees wanneer die Vodacom Bulls die Hollywoodbets Sharks mekaar Saterdag in Pretoria pak in hul Vodacom Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd (VRK), wat ‘n rugbyskouspel beloof.
Die wedstryd – wat die Bulls se tweede agtereenvolgende VRK-tuishalfeindstryd is, en die eerste keer ooit dat die Sharks meeding om ‘n plek in die top twee – sal Saterdag om 18:15 by Loftus Versfeld afskop.
Leinster sal om 15:45 kop-aan-kop teen die verdedigende kampioene, die Glasgow Warriors, in die ander halfeindstryd by die Aviva-stadion in Dublin te staan kom, en daardie uitslag sal bepaal waar die eindstryd aangebied sal word.
‘n Oorwinning vir Leinster sal hulle ‘n tuisfinaal in Dublin as die top-gekeurde span op die puntelys waarborg, maar as hulle ‘n nederlaag ly, sal die eindstryd vir die vierde seisoen agtereenvolgens in Suid-Afrika wees.
Daar sal geen tekort aan motivering in die Bulls- en Sharks kampe wees nie, aangesien die manne van Pretoria hul derde finale plek in vier seisoene jag en probeer om aan hul ondersteuners te bewys dat hulle die foute van die afgelope paar jaar (waarin hulle nederlae in twee finales gely het) kan regstel, terwyl die Sharks vasberade sal wees om geskiedenis te bly maak deur na hul eerste eindstryd deur te dring.

Om die stryd nog meer opwindend te maak, sal die Bulle wraak soek na nederlae in beide hul wedstryde teen die Sharks in die ligafases hierdie seisoen. Die Bulle gaan dus ongetwyfeld op ‘n stormloop wees.
Beide spanne het vasberadenheid in hul kwartfeindstryde teen onderskeidelik Edinburgh en Munster getoon om na die top vier van die kampionskap deur te dring. Maar dit sal eers Saterdag blyk of die Sharks se marathon 100-minuut stryd en ‘n emosioneel-belaaide strafskopkompetisie teen die Ierse reuse, hulle sal inspireer of teen hulle tel, veral met die hoogte-bo-seevla-faktor wat ook ‘n rol speel.
Statisties gesproke was die Bulls – wat hul laaste agt wedstryde agtereenvolgens gewen het – meer effektief op aanval en verdediging hierdie seisoen, met 124 meer punte aangeteken en 32 minder afgestaan, maar geskiedenis en die resultate in die laaste twee ontmoetings tussen dié spanne het bewys dat dit irrelevant kan wees.
Terwyl die Bulls groot klem op hul verdediging sal plaas, veral nadat hulle 33 punte teen Edinburgh afgestaan het, sal die belangrikste fokusarea vir die Sharks wees om al hul geleenthede te gebruik om in punte om te skakel, veral na hul onvermoë om talle kanse teen Munster verlede week te benut.
Beide afrigters het sterk spanne vol Springbokke aangekondig, wat die toneel vir ‘n naelbyt-stryd sal stel.
Bulls-afrigter Jake White het slegs een verandering aan sy beginspan wat Edinburgh verslaan het aangebring deur Springbok losskakel Johan Goosen terug te roep, wat beteken dat Keagan Johannes nou op die plaasvervangerbank is.
Sharks-afrigter John Plumtree het intussen twee veranderings aan sy beginspan aangebring wat Munster verlede week in ‘n strafskopkompetisie verslaan het, nadat hulle Bok-slotte Eben Etzebeth en Jason Jenkins weens beserings verloor het, wat sal sien dat Corné Rahl met Emile van Heerden in die masjienkamer saamspan. Daar is ook twee veranderings op die bank, met Deon Slabbert en Jurenzo Julius wat onder die plaasvervangers ingesluit is.
SA-spanne:
Vodacom Bulls: 15 Willie le Roux, 14 Canan Moodie, 13 David Kriel, 12 Harold Vorster, 11 Sebastian de Klerk, 10 Johan Goosen, 9 Embrose Papier, 8 Cameron Hanekom, 7 Ruan Nortje (kaptein), 6 Marcell Coetzee, 5 JF van Heerden, 4 Cobus Wiese, 3 Wilco Louw, 2 Johan Grobbelaar, 1 Jan-Hendrik Wessels. Plaasvervangers: 16 Akker van der Merwe, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Mornay Smith, 19 Jannes Kirsten, 20 Marco van Staden, 21 Zak Burger, 22 Keagan Johannes, 23 Devon Williams.
Hollywoodbets Sharks: 15 Aphelele Fassi, 14 Ethan Hooker, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Makazole Mapimpi, 10 Jordan Hendrikse, 9 Jaden Hendrikse, 8 Siya Kolisi (kaptein), 7 Vincent Tshituka, 6 James Venter, 5 Emile van Heerden, 4 Corne’ Rahl, 3 Vincent Koch, 2 Bongi Mbonambi, 1 Ox Nche. Plaasvervangers: 16 Fez Mbatha, 17 Ntuthuko Mchunu, 18 Hanro Jacobs, 19 Deon Slabbert, 20 Phepsi Buthelezi, 21 Bradley Davids, 22 Jurenzo Julius, 23 Yaw Penxe.
You must be logged in to post a comment.