Tevredenheid is om die laaste skaapstertjie van die kole af te eet. Blinklip. Die witsjokolade-rissiesousie wat so van die skaapstertjie afdrup.
Dit is nie net ek wat so smul aan die sousie nie. ‘n Jong seuntjie skep sy bakkie tot oorlopens toe sjokoladesous. Hy glimlag vir my voor hy wegglip en nog iets lekker iewers gaan soek.
De Oude Kraal het Saterdag 7 Junie sy 25ste WildsKOSfees gehou – wat ‘n ongelooflike fees van wildsvleis en die beste van Suid-Afrikaanse wyne alles onder die Vrystaatse winterhemel.
Vanjaar het 2004 gaste diรฉ viering van wildsvleis en wyn net buite Bloemfontein bygewoon.
Beyers Truter, grootbaas van Beyerskloof, sรช die WildsKOSfees is beslis een van die topfeeste in die land. Soos elke jaar was hy self by Beyerskloof se stalletjie om feesgangers van die gewilde wyn soos die Byerskloof Pinotage te laat proe.

Kyk, om by die fees te kuier, vat lank. Jy kan van ‘n kant af al kuier-kuier loop en proe, of vir jou ‘n sitplek afbaken en beurte maak om die spyse te gaan verken. Heeltyd met ‘n proe-glasie naby om die volgende lekker wyn te proe.
Zani Lupton sรช sy was verlede jaar by die fees en sy het dit so geniet, sy moes haar vriendin, Aldurette Kriel vanjaar saambring. “Ons geniet die atmosfeer baie,” sรช hulle. Hulle het van die krokkodil geproe en sรช dit was heel lekker.

Selfs vir diรฉ wat nie heeltemal so opgewonde was om afval, skaaptongetjies en ander ietwat vreemder geregte te proe nie, was daar ‘n verskeidenheid geure en smake.
Elkeen het sy gunsteling. Of dit nou die beestong in die soetmostertsousie, die ribbok-carpaccio of een van die ander murgsag gebraaide wildsporsies, lekker was dit beslis.
In die saal agter die groot driepootpotte vol bykos, kreun die tafels onder lekkernye en soetgebak. Hier kon feesgangers so vir oulaas ‘n soetdingetjie koop, vir die afrond van ‘n perfekte dag.

You must be logged in to post a comment.