Ná die Suzuki Griekwas se oorwinning van 41 – 38 oor die Toyota Cheetahs op Saterdag 17 Mei in hul halfeindstryd van die SA Beker-reeks, meet die Poubloues eerskomende naweek as verdedigende kampioene kragte teen die Airlink Pumas in die eindstryd.
In Saterdag se aksiebelaaide halfeindstryd tussen die Griekwas en Cheetahs, is die eerste helfte met ‘n gelykoptelling van 24 – 24 afgesluit.
In die tweede helfte was die telling nog twee keer gelyk.
Die Griekwas se sege is egter verseker deur ‘n laat strafskop deur kaptein George Whitehead.
Vrydag het die Pumas ook ‘n naelskraapse oorwinning van 31 – 29 oor die Sanlam Boland Kavaliers in hul halfeindstryd behaal.
Dié sege van die Pumas het hul plek in die eindstryd verseker.
In verlede jaar se eerste SA Beker-reeks, het dié twee spanne ook in die eindstryd teen mekaar te staan gekom. Hiertydens is die Griekwas as die eerste ontvangers van die SA Beker aangewys – ná ‘n sege van 46 – 24 oor die Pumas.
Vanjaar se vier topspanne in die reeks – Pumas, Griekwas, Cheetahs en Boland Kavaliers – kwalifiseer om aan die Curriebeker deel te neem, saam met die vier topspanne uit die Vodacom- Verenigde Rugbykampioenskap (VRK).
- Die SA Beker-eindstryd vind op 24 Mei om 18:30 in the Mbombela-stadion in Nelspruit plaas.

You must be logged in to post a comment.