Kommentaar: Suid-Afrika kort eie beste kitaarspelerslys

As ‘n kitaarspeler wat self al by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgetree het en in ‘n onderhoud op die webwerf van die Amerikaanse musiektydskrif, Spin, verskyn het voel ek dat […]


As ‘n kitaarspeler wat self al by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgetree het en in ‘n onderhoud op die webwerf van die Amerikaanse musiektydskrif, Spin, verskyn het voel ek dat daar behoort ‘n lys van die beste Suid-Afrikaanse kitaarspelers opgestel en gepubliseer te word.

So lys behoort iets soortgelyk aan Rolling Stone’s 100 Greatest Guitarists of All Time te wees wat vir die eerste keer in 2003 verskyn het, met die enigste verskil dat dié lys slegs uit Suid-Afrikaanse kitaarspelers moet bestaan.

Die kriteria wat ‘n rol sal speel vir ‘n “beste kitaarspeler”-lys is onder meer tegniese vaardigheid, musikaliteit, oorspronklikheid, kreatiwiteit en innovasie asook nalatenskap en die vermoë om emosies in mensewakker te maak.

Kitaarspelers op so lys sal bekende name insluit soos: Jonathan Butler, Jimmy Dludlu, Shaun Morgan (Seether), Albert Frost, Deon van der Merwe, Blackie Swart, Loki Rothman, Mel Botes, Theo Crous, Dan Patlansky, Trevor Nasser, Johnny de Ridder, Billy Monama, Basson Laubscher, Jan Blohm, Hansie Roodt Sr., Hansie Roodt Jr., André Henning, Henk Opperman (ook bekend as Dozi), Cobus Snyman, Don Reinecke, Hannes Coetzee, Willem Möller, Hennie de Bruyn en André van Deventer.

Ander Suid-Afrikaanse kitaarspelers wat ook in aanmerking vir ‘n plek op so lys sal kom is Jon Buckley (kitaarspeler vir Jo Day en Toxic Shame), Almuir Botha (Raaskopleef en Delta Blue), Franscois Pretorius (Mind Assault), Kobus Basson (Human Error en New Kind of Normal), John Pool (Jack ‘n Jill), Leon Barnard (The Silence), Shane Pennicott (Agro), Jacques Janson (kitaarspeler vir Mark Haze), Dawie Bester (Antipathy), Ewald Janse van Rensburg (Soul Proxy), Arianna Carini (kitaarspeler vir Anica Kiana en klassieke kitaar solis), Roland De Beer en Theunis Cilliers (albei van Day Turns Night), Andrew Veldman (My Dark Fugue en Kontras) en Ian Visser (sessie-kitaarspeler).

Indien daar ook ‘n afsonderlike lys vir baskitaarspelers sou wees, sou dit van die volgende name kon bevat: Bakithi Kumalo, Dale Stewart (Seether), Denholm Harding (Just Jinger), Chris Chameleon (Boo!), Denny Lalouette, Schalk Joubert, Wynand Myburgh, Annelene Malan (baskitaarspeler vir die Noot vir Noot-orkes en Nicholis Louw, Nathaniel, Ghapi, Appel, Jesse Clegg, en Bok van Blerk), Rob Nagel (Blues Broers), Schalk van der Merwe (baskitaarspeler vir Delta Blue, Bed on Bricks, Valiant Swart, en Karen Zoid), Lanie van der Walt (Not My Dog), Wilbert van Niekerk (Aftertaste), Jow Feldtmann (The Narrow), Neil Sinclair (Allstar Funk Four), Jaco Viljoen (Jack ‘n Jill), André Burger (New Kind of Normal), Jaco Krouwkam (Human Error), Donovan Tose (Mind Assault en Fudge), Christopher Steyn (Antipathy), Jason Meintjes (Wickhead) en Juan Nortjé (baskitaarspeler vir verskeie groepe).

My voorstel sou wees dat plaaslike publikasies hul eie lyste opstel en publiseer soos internasionale lyste wat al in publikasies soos in die tydskrif, Time ook al te sien was. Dit sal dan aan Suid-Afrikaanse kitaarmusikante meer krediet en erkenning besorg, wat hul beslis verdien.

  • André van Eck is ‘n kitaar-en baskitaarspeler wat ook oor ‘n BA-graad in Geskiedenis beskik en is woonagtig in Worcester.

You need to be Logged In to leave a comment.