Die musikant Cor Uys, โn jare lange vennoot van die ATKV, bied in samewerking met ATKV-Buffelspoort en die PLUS 50-tydskrif die Andante Plus50-musiekkompetisie aan.
Alle senior burgers 50 jaar en ouer, behalwe professionele en voltydse kunstenaars wat steeds as musikante bedrywig is, mag deelneem.
“Ek het vir baie jare โn gospelmusiekkompetisie vir die jeug georganiseer waaraan laerskool- en hoรซrskoolleerders deelgeneem het, en later het ek die Jubilate-musiekkompetisie vir Radiokansel gereรซl, wat meer vir die volwassenes bedoel was.”
– Cor Uys
โMaar noudat ek en my vrou, Letitia, meer na die pensionarisse se kant beweeg, het ons besef daar is nie juis musiekkompetisies vir ouer mense nie.
โEk ontvang die laaste tyd talle oproepe van mense wat sรช hulle het nie musiektalent nie en kan nie deelneem nie, maar hulle spreek hul dankbaarheid uit dat ons aan 50-plussers dink en hierdie geleentheid skep, want baiekeer voel hulle die ouderdom is hier, hulle gaan nou op die rak geplaas en van vergeet word, en dit behoort mos nie te gebeur nie.
โOns wil die ouer mense se waardigheid herstel en aan hulle erkenning gee, veral as hulle kunstenaars was. My grootste wens is dat โn 90-jarige sal inskryf! So, ons wil nie die ouer mense in Suid-Afrika vergeet nie.
Daar is drie kategorieรซ, naamlik sang (soliste, duette of groepe van drie tot ses persone), eie komposisie (lirieke en musiek self geskryf en dit moet โn lied wees wat nie voorheen vrygestel of opgeneem is nie) en instrumenteel (instrumentaliste of orkeste van tot ses persone).
Cor verduidelik hoe die oudisieproses werk.
โDit is โn digitale inskrywing, so jy gaan jouself opneem, hetsy met jou foon of in โn ateljee of hoe jy ook al verkies, waarna die opname na ons gestuur word,โ sรช Cor.
โOnafhanklike beoordelaars gaan daarna luister en drie of vier finaliste in elke kategorie kies. Die finaliste sal dan by ATKV-Buffelspoort gedurende die PLUS 50-kuierweek tydens โn galageleentheid optree.โ
โEk dink die meeste mense gaan inskryf eenvoudig net om pret te hรช en te sรช – ‘Sjoe, is dit nou nie lekker dat daar iets spesiaal vir ons geskep is waaraan ons kan deelneem nie!’ “
– Cor Uys
โDie hoofsanger van die Suid-Afrikaanse groep die Staccatos is, ek dink, 79 jaar oud en hy sing nog โn hond uit โn bos uit! So waarom sal daar nie nog van ons mense wees wat steeds kan sing of speel of musiek kan skryf nie? Die hele idee sal wees om daardie mense te ontdek en vir hulle โn platform te gee. Die wenners se opnames kan moontlik op radiostasies gespeel word en hulle โn bietjie blootstelling gee.
โWeet jy, al ons ouer kunstenaars โ soos Steve Hofmeyr, Rina Hugo en Sonja Herholdt โ is almal lankal ouer as 50, maar hulle gaan nog sterk aan. Miskien gaan ons iemand op 65-jarige ouderdom ontdek wat ook naam kan maak.โ
Cor sรช daar is nie enige spesifieke genres of musiekstyle waarby die deelnemers moet hou nie.
โOns wil nie vir mense voorskryf nie. Die voorskrifte wat styl betref is baie uiteenlopend en wie weet, dalk kry ons โn 50-jarige wat vir ons gaan kletsrym!โ
Cor sรช buiten die galageleentheid en finale konsert, waaraan die wenners sal deelneem en wat regstreeks op Lekker FM uitgesaai gaan word, sal die algehele wenner of groep se lied ook professioneel in โn ateljee en op video opgeneem word.
โDie opname kan tydens radio-onderhoude gebruik word, wat ons vir die wenner sal reรซl.โ
– Cor Uys
โHopelik sal die lied dan meer op radiostasies gespeel word, die video sal op โn Huppel in die stap gebeeldsend word en daar sal noemenswaardige dekking op sosiale media wees. Die wenner kry ook โn wegbreek by ATKV-Buffelspoort as geskenk, en sal uiteraard โn pragtige sertifikaat ontvang.โ
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 September 2025. Die beoordeling vind van 1 tot 31 September plaas. Alle finaliste sal voor of op 1 Oktober in kennis gestel word. Die gala-aand en finale konsert vind gedurende die PLUS 50-kuierweek op 4 November plaas.
Kontak vir Cor vir enige verdere besonderhede by andanteplus50@gmail.com of 082 7882 736.