BloemNews

Nege verdagtes vasgetrek in Bloemfontein rooftog

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein soek slagoffers van ‘n rooftog, waar ‘n video die aanval op ‘n motorwieler wys. Nege verdagtes is inhegtenis geneem, insluitend ‘n man wat gesteelde eiendom gekoop het. Slagoffers word versoek om met die polisie in verbinding te tree en ‘n saak te open.


Die Parkweg-polisie in Bloemfontein is op soek na die slagoffers van ‘n rooftog wat in die middestad plaasgevind het.

Die polisie het reeds nege verdagtes in hegtenis geneem nadat ‘n video wat op sosiale media versprei is, wys hoe ‘n groep mans die deure van ‘n motor in Bloemfontein se middestad oopruk terwyl die slagoffer in die motor rondgeruk word.

Dit het gebeur terwyl verbygangers net toekyk.

Die Parkweg-polisie vra dat die slagoffers in die video na vore kom en dringend ‘n saak oopmaak.

Serts Mahlomola Kareli sê kort nadat die polisie van die video bewus geword het, het hulle twee verdagtes in hegtenis geneem sowel as ‘n man wat na bewering ‘n onwettige immigrant is wat van die gesteelde eiendom gekoop het.

Danksy die hulp van gemeenskapslede is nog drie verdagtes in hegtenis geneem.

Nog drie verdagtes is deur die distriktaakspan in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is oor waar dié verdagtes is.

Die nege, tussen die ouderdomme van 31 en 45 sal Maandag in die Bloemfontein se landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort en nog klagte word verwag.

Tot nog toe is geen formele klag gelê nie en die polisie vra dat die slagoffers die polisie dringend skakel by 082-453-0760.

Kareli sê die Parkweg-polisie is toegewy dat inwoners en besoekers aan Bloemfontein veilig is.

“Ons werk daaraan om al die oortreders van dié misdaad vas te trek.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.