Rassie kondig sy Springbokgroep aan vir 2025

,

KAAPSTAD – Springbokafrigter Rassie Erasmus het vandag (5 Junie) ’n groep van 54 spelers aangewys vir die openingsfase van die internasionale seisoen wat op 28 Junie teen die Barbarians begin. […]

Springbokafrigter, Rassie Erasmus het vanoggend die Springbok-oefengroep aangewys.
Springbokafrigter, Rassie Erasmus het vanoggend ’n Springbokgroep van 54 spelers aangewys vir die openingsfase van die internasionale rugbyseisoen. FOTO: Anton Geyser | SA Rugby Credit: Anton Geyser

KAAPSTAD – Springbokafrigter Rassie Erasmus het vandag (5 Junie) ’n groep van 54 spelers aangewys vir die openingsfase van die internasionale seisoen wat op 28 Junie teen die Barbarians begin.

Die groep, wat deur SA Rugby bevestig is, sluit 31 Rugby Wêreldbekergroep-spelers in en bestaan uit 30 voorspelers en 24 agterspelers. Nege spelers het nog nie voorheen die groen en goud op internasionale vlak gedra nie, naamlik Marnus van der Merwe, Neethling Fouche, Asenathi Ntlabakanye, Cobus Wiese, Renzo du Plessis, Vincent Tshituka, Juarno Augustus, Ethan Hooker, en Ntokozo Makhaza.

Vyf spelers – Frans Malherbe, Elrigh Louw, Ben-Jason Dixon, Deon Fourie en Trevor Nyakane – is weens beserings nie vir keuring oorweeg nie.

“Ons is opgewonde om die luukse te hê om ’n groep met soveel diepte en talent aan te kondig,” het Erasmus gesê. “’n Uitgebreide groep sal ons nie net die geleentheid bied om produktiewe oefensessies te hê nie, maar dit sal ook goed wees vir die jonger spelers om by die senior spelers te leer.”

Die beskikbare spelers sal op 8 Junie in Johannesburg byeenkom terwyl die res later by die groep sal aansluit nadat hulle hul klubverpligtinge voltooi het. Die groep sal van Maandag tot Vrydag oefen en dan op 15 Junie weer bymekaarkom voor hulle na Kaapstad reis vir die Barbarians-wedstryd.

Na die wedstryd teen die Barbarians op 28 Junie, sal die Springbokke agtereenvolgende toetse teen Italië in Pretoria en Gqeberha op 5 en 12 Julie speel, gevolg deur ’n wedstryd teen Georgië in Nelspruit op 19 Julie.

Springbokgroep:

Voorspelers: Juarno Augustus (Northampton Saints), Lood de Jager (Wild Knights), Renzo du Plessis (Emirates Lions), Jean-Luc du Preez (Sale Sharks), Pieter-Steph du Toit (Toyota Verblitz), Thomas du Toit (Bath), Eben Etzebeth (Hollywoodbets Sharks), Neethling Fouche (DHL Stormers), Cameron Hanekom (Vodacom Bulls), Jean Kleyn (Munster), Vincent Koch, Siya Kolisi (beide Hollywoodbets Sharks), Wilco Louw (Vodacom Bulls), Malcolm Marx (Kubota Spears), Bongi Mbonambi, Ntuthuko Mchunu (beide Hollywoodbets Sharks), Salmaan Moerat (DHL Stormers), Franco Mostert (Honda Heat), Ox Nche (Hollywoodbets Sharks), Ruan Nortje (Vodacom Bulls), Asenathi Ntlabakanye (Emirates Lions), Kwagga Smith (Shizuoka Blue Revs), RG Snyman (Leinster), Gerhard Steenekamp (Vodacom Bulls), Vincent Tshituka (Hollywoodbets Sharks), Marco van Staden (Vodacom Bulls), Marnus van der Merwe (Scarlets), Jan-Hendrik Wessels (Vodacom Bulls), Cobus Wiese (Vodacom Bulls) en Jasper Wiese (Urayasu D-Rocks).

Agterspelers: Lukhanyo Am (Hollywoodbets Sharks), Kurt-Lee Arendse (Vodacom Bulls), Damian de Allende (Wild Knights), Faf de Klerk (Canon Eagles), Andre Esterhuizen, Aphelele Fassi (beide Hollywoodbets Sharks), Sacha Feinberg-Mngomezulu (DHL Stormers), Jaden Hendrikse, Jordan Hendrikse, Ethan Hooker (almal Hollywoodbets Sharks), Quan Horn (Emirates Lions), Cheslin Kolbe (Tokyo Sungoliath), Jesse Kriel (Canon Eagles), Willie le Roux (Vodacom Bulls), Manie Libbok (DHL Stormers), Makazole Mapimpi (Hollywoodbets Sharks), Ntokozo Makhaza (UCT), Canan Moodie (Vodacom Bulls), Handre Pollard (Leicester Tigers), Cobus Reinach (Montpellier), Morne van den Berg, Edwilll van der Merwe (beide Emirates Lions), Damian Willemse (DHL Stormers) en Grant Williams (Hollywoodbets Sharks).

You need to be Logged In to leave a comment.