Die sojaboon-stropery is in volle gang, hoewel daar nog kolle op lande is wat nat is. Danksy die rusperbande op stropers word die taak vergemaklik. Hendrik Knobel, streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Bethlehem-distrik, sê die soja-opbrengste lyk oor die algemeen baie goed en boere kon tussen drie en vier ton per hektaar oes.
“Daar is ‘n sojarproef by die Meets-boervereniging gestroop waar die wen kultivar vyf ton per hektaar gelewer het,” sê Knobel.
Volgens hom is die damme in die streek ook lekker vol ná al die goeie reën.